Zzzz Lulla-Baai: Ek Droom (CD)

    Zzzz Lulla-Baai: Ek Droom (CD)

    Zzzz Lulla-Baais
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95
    Christelike Uitgewersmaatskappy en Christian Art stel met trots die Zzzz Lulla-reeks bekend. Die Zzzz Lulla-reeks is die geesteskind van bekroonde sanger-liedjieskrywer Heinz Winckler en sy vrou, Alette-Johanni. Die reeks bestaan uit 'n LullaBybel, CD en DVD wat beskikbaar is in Afrikaans en Engels. Hierdie reeks gebruik die krag van musiek, visuele beelde en woorde om babas en kleuters geestelik te koester.

    Die Zzzz Lulla-Baai / Lulla-Bye CD's is vervaardig deur Heinz Winckler en bevat die sangtalent van Alette-Johanni Winckler, ondersteun deur Sumari Schoeman. Die eerste album van hierdie CD-reeks is getiteld Ek droom (Afrikaans) en Sleepy Time (Engels). Hierdie CD met 13 snitte sluit oorspronklike liedjies, bekende lof- en aanbiddingsliedere, instrumentale snitte en ? keurspel van bekende wiegeliedjies in.

    Die eerste titel in die Zzzz Lulla-Baai / Zzzz Lulla-Bye DVD-reeks is Ek droom (Afrikaans) en Sleepy Time (Engels).