Yeshua (Sagteband)

    Yeshua (Sagteband)

    Jaco Thom
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R150.00

    Wie is Jesus? Vir die skares wat Hom volg, is Hy die een wat hulle siekes gesond maak en vir hulle brood gee om te eet. Vir die skrifgeleerdes en Fariseërs is Hy die ketter wat die wet van Moses minag. Vir die Joodse raad is hy ’n irritasie, ’n bedreiging en ’n godslasteraar wat uit die samelewing verwyder moet word.

    Nikodemus worstel ook met die vraag. Dit maak dat hy, gesiene rabbi in Jerusalem, laat in die aand ’n besoek aan die omstrede leermeester bring. Tog besorg die gesprek hom meer vrae as antwoorde. Daarom besluit hy om meer omtrent Jesus uit te vind, en begin hy as’t ware met ’n private eenmankommissie van ondersoek.
    Hy voer onder andere onderhoude met Maria, Johannes die Doper, Judas Iskariot en die dissipels Petrus en Johannes.
    Uit hierdie gesprekke en as getuie van die gebeure van Jesus se laaste week op aarde vind Nikodemus uiteindelik ’n antwoord.
    Gelowiges op aarde sukkel ook met die vraag oor wie Jesus regtig is. In Yeshua neem Jaco Thom die leser op ’n nuwe manier op reis om by Jesus uit te kom en te weet wie Hy presies is.