Woestynwysheid (Sagteband)

    Woestynwysheid (Sagteband)

    Ronell Bezuidenhout
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.00

    Stilte, eenvoud en afsondering … Wêreldwyd is daar ’n hernude belangstelling in die ou geloofstradisies en ’n soeke na innerlike verdieping en heelheid.
         Bekende berader en predikant Ds Ronell Bezuidenhout se nuwe boek gee praktiese raad vir besige mense in vandag se wêreld. Dié boek is vir jou as jy meer wil put uit jou verhouding met God soek na innerlike vrede en ’n lewe gevul met vreugde aanvoel dat daar ’n groter realiteit is as die alledaagse materie wat ons om ons sien ’n behoefte het om God beter en dieper te leer ken.
         Woestynwysheid stel jou voor aan mense van die vroegste eeue wat dieselfde behoeftes gehad het – en verduidelik hoe hul insigte op vandag se lewe van toespassing gemaak kan word. Geskryf vir die post-kerklike Christen op soek na iets méér.

    OOR DIE OUTEUR

    Dr Ronell Bezuidenhout is predikant van die Fontainebleau- Gemeenskapskerk in Randburg. Sy bestuur die Sentrum van Deernis, 'n pastorale dienssentrum vir die breë gemeenskap, en doen ook opleiding in ander gemeentes om versorgingspanne toe te rus. Sy is in die Gauteng-area bekend vir die geestelike-stilte-retraîtes waarop sy mense begelei. Sy het al verskeie boeke gepubliseer, en as teoloog spesialiseer sy in 'n relatief nuwe vakgebied: publieke teologie.