Wild (Kartonboekie)

    Wild (Kartonboekie)

    Crystal Bowman
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R120.00

    ’n Opwindende storieboek wat kleingoed opgewonde maak oor die Bybel terwyl hulle al brullende en vlerkklappende bekende Bybelstories leer ken.

     

    Wild – Dierestories in die Bybel vir kleingoed is ’n opwindende klein boekie vir lewendige klein mensies. Die kort stories bevat gedeeltes wat rym om voorlees ’n plesier te maak. Saam met elke storie is ook ’n klein uitdaging vir kleintjies om hul vlerke te klap soos voëls of te brul soos ’n leeu. So kry God se stories uit die Ou en Nuwe Testament lewe in jong hartjies. Noag se ark, Daniël en die leeus en die verlore skaap is deel van die agt stories in hierdie kartonboekie.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel Go Wild!

     

    Oor die Outeur

    Crystal Bowman het al verskeie topverkopers in verskillende groottes en vorms vir kinders geskryf. Sy gebruik rympies en kort sinne om kinders aan te moedig om self te lees. “Maar die héél belangrikste,” sê sy, “is om kinders te leer dat God lief is vir hulle en soveel vir hulle omgee.”