Gebede Vir My Kind (Sagteband)

    Gebede Vir My Kind (Sagteband)

    Edie Melson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R126.99

    Gebede vir ouers wat hulle kinders elke dag en in alle omstandighede in God se sorg toevertrou.

     Al wat jy eintlik vir jou kind kan doen, is bid. Tog kan ouers om verskeie redes nie elke dag by hulle kinders wees nie. Kinders gaan op skooluitstappies, hulle gaan universiteit toe of trek weg vir hulle werk.
        Die gebede in Gebede vir my kind verwoord 'n ouer se emosies wanneer jy daar wil wees vir jou kind, maar nie by hulle kan wees nie. In 9 hoofstukke deel Edie Melson gebede wat jy vir jouself en jou kind kan bid. Dit sluit gebede in om seën, beskerming en genade. Sy deel ook gebede wat jy vir jou kinders se vriende en onderwysers kan bid. Elke hoofstuk word afgerond met oordenkings, gedagtes oor ouerskap en ook gebede vir jouself vir jou belangrike taak as ouer.
         Hierdie boek sal jou opnuut laat besef dat God die Vader vir jou kind sorg, selfs as jy nie kan nie.

     Ook beskikbaar in Engels onder die titel Prayers for My Child

     Oor die outeur

    Edie Melson is ’n outeur, blog-skrywer en spreker met ’n passie om te vertel hoe God se liefde lyk wanneer dit prakties toegepas word. Haar hart om ander te help om God se stem te hoor en sy weg vir hul lewens te vind, het haar in verbinding gebring met vroue oor die hele Amerika en daar het talle boeke uit haar pen verskyn. As ’n gesogte spreker bemoedig sy gehore en daag sy hulle persoonlik en aanlyn uit. Sy is ook ’n blog-skrywer vir militêre gesinne by Guideposts.org en ’n maandelikse rubriekskrywer by PuttingOnTheNews.com. Sy en haar man, Kirk, is al 35 jaar getroud en het drie seuns grootgemaak. Hulle woon in Simpsonville, Suid-Carolina.