Wen Die Stryd Teen Kommer (Sagteband)

    Wen Die Stryd Teen Kommer (Sagteband)

    Simon J Robinson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    ‘Moenie jou daaroor bekommer nie!’ Hoeveel keer het ons nie al hierdie raad geïgnoreer nie? Die meeste van ons weet dat bekommernis vrugteloos is en ons geensins nader aan ’n uitkoms of oplossings bring nie. Maar tog sukkel ons om uit die kloue van vrees te bly.

         In Wen die stryd teen kommer verklaar die skrywer, Simon Robinson, egter oorlog teen kommer. Hy bied ’n 31-dag-strategie wat kommer in sy spore sal laat stuit. Robinson het self vir baie jare met angs gesukkel. Hy het egter Bybelse en praktiese manier gevind om dit te beveg en te oorwin. Elke stap is in die Bybel geanker en word eenvoudig verduidelik met ’n gebed en aksiepunte daarby.

         Wie moet hierdie boek lees?

         • Mense wat met kommer, angs en paniek worstel

         • Pastorale beraders en raadgewers

         Hierdie belangrike onderwerp word in klein, maklik-verteerbare gedeeltes behandel sodat jy dit kan lees, daaroor kan nadink en aksie kan neem oor die verloop van ’n maand.

     

    OOR DIE OUTEUR

     

     

    Simon J. Robinson is reeds sedert 1988 in die pastorale bediening. Hy het al verskeie boeke geskryf, waaronder Improving Your Quiet Time en Growing for God. Sy bediening van die Woord neem hom regoor die wêreld na lande in Europa, Asië en Amerika, terwyl hy ook ’n polisiekapelaan en leier van die Redeeming our Communities-bediening in Chesterfield, Engeland is.