Wees Lig (CD)

    Wees Lig (CD)

    Juanita Du Plessis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Word vol van die Here en wees lig in 'n donker wêreld.

    Juanita het in 2011 haar 3de Geestelike album uitgereik en Wees lig het wonderlike prestasies behaal. Hy was no. 1 op die amptelike SA Top 20 vir 5 weke in ‘n ry. Treffers op hierdie album sluit in, “Wees lig”,” U is God” en “Draai Terug”. Juanita het ook ‘n persoonlike gebed geskryf uit haar diepste wese “Maak my vol, o Heer”.

    Oor die kunstenaar

    Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit. 'n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!

    Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye. In 2012 behaal Juanita 'n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 000 000 albums in Suid-Afrika te verkoop.

    Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.