Wat Wag Op Ons Na Die Dood? (Sagteband)

    Wat Wag Op Ons Na Die Dood? (Sagteband)

    Fika J v Rensburg & Marius Nel
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Verskillende sienings oor wat ná die dood gebeur, bekyk vanuit ’n Bybelse perspektief.

    As daar een onderwerp is waaroor almal hulle eie opinie het, is dit wat ná die dood op mense wag. Hoe moet jy weet wat om te glo en waar kom almal aan hulle uitgangspunte oor dié sensitiewe onderwerp?

    Fika Janse van Rensburg en Marius Nel plaas in Wat wag op ons ná die dood?hierdie onderwerp onder die vergrootglas. Dié boek kyk wat die Bybel hieroor sê met sterk ondersteuning deur Skrifverwysings. Dit vertel spesifiek vir jou wat mense in die Ou Testament en antieke tye oor die hiernamaals gedink het en ook wat die Nuwe Testament sê. Hierdeur word verskillende perspektiewe van wat mense verwag het vir jou gewys.

    Die dood sal altyd ’n onderwerp vol vraagtekens wees, maar jy kan troos vind in die waarhede wat die Bybel nou reeds vir jou gee.

    Oor die Outeurs

    Fika Janse van Rensburgis mederedakteur en mede-outeur van verskeie Bybels en ander publikasies, waaronder Die Bybel in Praktyk, Die Bybellennium, Die Bybel A-Z en Die Multivertaling Bybel. Sy spesialiteitsrigting is Verklaarkunde van die Nuwe Testament en Nuwe-Testamentiese Grieks. Fika was vir etlike jare dekaan van die Fakulteit Teologie en professor in Nuwe Testament, Noordwes-Universiteit. Hy is tans Viserektor: Navorsing en Beplanning van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom en professor in Nuwe Testament.

    Marius Nel is buitengewone professor aan die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Hy het Wat sê die Bybel oor … saamgestel en is medewerker van Die Boodskap, Die Bybel A-Z, Die Multivertaling Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, en mede-redakteur van Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar.