Wat Se Die Bybel? (Sagteband)

    Wat Se Die Bybel? (Sagteband)

    Hank Hanegraaff
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R299.95

    R179.95

    ʼn Omvattende gids oor relevante onderwerpe in maklik verstaanbare taalgebruik.

    Hank Hanegraaff weet watter vrae gelowiges en ongelowiges oor die Bybel vra -­‐ en in hierdie boek het hy die antwoorde uitgespel.

    Wat sê die Bybel? is ʼn uitgebreide gids wat meer as 170 van die top vrae beantwoord wat aan Hank Hanegraaff gestel is oor die afgelope 40 jaar van sy bediening.

    Opgedateerde onderwerpe sluit onder meer in:

    • Die Skepping en ons bestaan,
    • Basiese apologetiek,
    • Geestelike gawes,
    • Gelowe en kultusse,
    • Die opstanding en lewe na die dood,
    • En nog baie meer kwessies wat belangrik is vir ’n beter begrip van God en ons verhouding met Hom.

    Elke vraag word in Hanegraaff se vakgeleerde, dog maklik verstaanbare styl beantwoord, en hy stel selfs addisionele bronne voor indien jy die onderwerpe verder wil navors.

    Oor die Outeur

    Hank Hanegraaff is die president en voorsitter van die raad van Christian Research Institute International. Hy is ’n internasionaal bekende skrywer en spreker, en gasheer van die daaglikse radioprogram ‘The Bible Answer Man’. Sy boeke het al verskeie toekennings gewen en daar is al deur bekende joernaliste, soos Peter Jennings en Larry King, onderhoude met hom gevoer. Hank en sy gesin woon in Kalifornië in die VSA.