Bemoedigende stories van kanker-oorwinnaars wat jou siel sal aanraak en verryk.
Dit maak nie saak of jy direk of indirek deur kanker geraak word nie, dit is ’n oorweldigende en ontstellende tydperk wat selfs die mees standvastige individu kan ontstel. Maar kanker is so beperk … dit kan nie hoop vernietig nie … dit kan nie geloof verniel nie … dit kan nie die ewige lewe steel nie …
Wat kanker nie kan doen nie is vol stories van moed vir enigiemand wat tans kanker moet hanteer. Dit kombineer teksverse uit die Nuwe Lewende Vertaling met inspirerende aanhalings en bemoedigende stories van beide mans en vroue wat kanker oorleef het. Hierdie boek is bedoel om te ondersteun, te inspireer en leiding te gee aan enigiemand wat pas gediagnoseer is, tans kankerbehandeling ontvang, weer aan die lewe begin bou ná kanker of net proaktief wil optree om kanker te voorkom.
Die bemoedigende stories van mense wat kanker oorleef het, sal dalk nie die liggaam genees nie, maar sal elke siel aanraak en verryk.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel What Cancer Cannot Do
-
By
Samestelling
-
Category
Christelike Leefwyse
-
SKU
9781431617999
-
Barcode
9781431617999
-
Size
140 x 165 mm
-
Department
Afrikaanse Boeke
-
Number of Pages
128 pp
-
Language
Afrikaans
-
Weight (kg)
0.1630
-
Format
Sagteband
-
Publisher
Christelike Uitgewersmaatskappy
Ewige liefde
Niks – nie die ondersoekende vingers, die pynlike naaldprikke, die nimmereindigende gewag vir uitslae, die chirurgie, die patologiese verslae, die noem van die gevreesde woord kanker – kan ons van die
liefde van God skei nie.
Want God het ons gemaak, Hy het ons in die moederskoot gevorm, Hy ken elke deeltjie van ons tot by die DNS van elkeen van ons selle. Ja, Hy het geweet party van daardie selle sou afdwaal van die doel waarvoor hulle geskep is en hulle eie rigting inslaan. Hy het geweet daardie afwykende selle was besig om in ons te vermenigvuldig lank voor ons nog daarvan bewus geraak het.
Maar net soos wat God, in liefde, ons tot verlossing gebring het deur die reinigende bloed van sy Seun, Jesus Christus, so sal Hy ons ook, in liefde, red van die verlammende gevolge van kanker. Want wanneer
ons die heel bangste is, kalmeer sy liefde ons; wanneer ons voel asof ons in die steek gelaat is, omring Hy ons met sy teenwoordigheid; wanneer ons voel of ons ons koers verloor het, verlig Hy die duisternis; wanneer ons rusteloos is van al die pyn, bring Hy ons tot bedaring met sy aanraking; wanneer ons moedeloos raak en dink dat ons nooit weer sal regkom nie, verkwik Hy ons siel.
User Reviews