Wat Elke Vrou/Man In 'n Man In 'n Vrou Wil He (Sagteband)

    Wat Elke Vrou/Man In 'n Man In 'n Vrou Wil He (Sagteband)

    John Hagee & Diana Hagee
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    ’n Unieke 2 in 1-boek wat insig gee in die verskillende behoeftes van huweliksmaats en sal lei tot groter intimiteit.

     

    Mans en vroue verskil, en hierdie verskille is nêrens dui­deliker en veroorsaak meer konflik as in ’n huwelik nie.

    John en Diana Hagee het uitgebreide navorsing ge­doen, en vanuit hulle jare lange ondervinding in be-rading het hierdie leraarspaar Wat elke man in ’n vrou wil hê / Wat elke vrou in ’n man wil hê ge­skryf.

    In hierdie unieke 2 in 1-boek kry mans en vroue insig in die denke en behoeftes van die teenoorgestel-de geslag. Op humoristiese maar reguit wyse be­spreek die skrywers se­kere huweliksprobleme en slag-gate en gee Bybelsge­ba­seerde oplossings.

    Wat elke man in ’n vrou wil hê / Wat elke vrou in ’n man wil hê sal egpare toerus om hul huweliks­maat in ’n nuwe lig te sien, en opnuut liefde, vervul­ling en vreugde in hul huwelik te ervaar.

     

    Oor die outeurs

     

    Dr. John Hagee is die stigter en senior leraar van Cornerstone Church in San Antonio, Texas.

         Diana Hagee is stafhoof vir John Hagee Mini­stries se televisiebediening sowel as koör­dineer­der van spesiale byeenkomste en leier van die vroue­be­die­ning by Cornerstone Church.

    John en Diana het vyf kinders en woon in San Antonio, Texas.