Ware Noord (Sagteband)

    Ware Noord (Sagteband)

    Elsa Winckler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Hoe vergewe jy iemand wat verantwoordelik is vir die seer in jou lewe?

    Nadat Evan Vos ’n rugbybesering opdoen, kruis sy pad met dié van projekleier Anya Breedt. Hulle werk saam aan ’n projek om ’n kerk op Somerset-Wes te herstel en herstel só ook hul menseverhoudinge. ’n Nuwe liefdesroman deur dié bekende ma van die Idol Heinz Winckler.

    Oor die skrywer

    Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het haar op Wellington gekwalifiseer as laerskoolonderwyser. Sy het op 40 weer begin studeer en ’n BA deur Unisa voltooi, en later ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in Dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch. Haar eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock, het in ’n 2010 Woordveertjie ontvang. Verskeie liefdesverhale het gevolg. In 2014 het sy ’n ATKV Woordveertjie ontvang vir haar roman Te eenders, te anders. Tans skryf sy heeltyds. Sy is getroud en het drie kinders.