Wanneer Vreugde My Ontwyk (Sagteband)

    Wanneer Vreugde My Ontwyk (Sagteband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    “Met God se krag wat deur sy kinders werk, is elkeen van ons tot oneindig meer in staat as wat ons kan bid of dink,” skryf Paulus aan die gemeente in Efese (Ef. 3:20) “Tog weerhou dit jou nie daarvan om by tye steeds moedeloos en kragteloos, selfs depressief te voel nie. Dit is menslik onmoontlik om altyd, onder alle omstandighede sterk te bly,” skryf Nina Smit in haar splinternuwe boek, Wanneer vreugde my ontwyk. Maar daar is hoop, sê sy. Dit is wonderlik om te weet dat in swaarkrytye wanneer jy wel moed verloor of depressief voel, God jou omstandighede ken en gereedstaan om jou te help.

         In Wanneer vreugde my ontwyk bied Nina 52 oordenkings wat die leser daaraan sal herinner dat die beste medisyne vir negatiewe emosies soos moedeloosheid en magteloosheid die wete is dat God juis dán ’n pad met jou wil stap; dat Hy reeds alles van jou omstandighede weet. Boonop mag jy daarvan seker wees dat Hy elke oomblik van hierdie krisistyd by jou sal wees om jou met sy wonderwerkende krag te ondersteun.

         Gebruik hierdie dagstukkies as inspirasie op jou af-dae!

     

    OOR DIE OUTEUR

     

    Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Beloftes vir Ma’s, Genade vir vandag, Omvou my met u liefde, Here – grootdruk, Leef in sy lig, Leef as oorwinnaar en God sorg vir jou. Sy is getroud met Johan Smit. Hulle is die ouers van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.