Waar Ek Eindig (Sagteband)

    Waar Ek Eindig (Sagteband)

    Kyle Idleman
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R69.95

    In Waar ek eindig fokus Kyle Idleman op die bekende saligsprekinge in Jesus se bergpreek. Hy wys ons dat die sleutel tot ’n lewe in oorvloed is om Jesus se ‘agterstevoor’ manier van lewe te aanvaar en uit te leef.

         Dit druis in teen ons natuurlike geneigdheid om te glo dat gebrokenheid die weg na heelheid is, dat om te treur die weg na seën is en dat leegheid nodig is om ware vervulling te ervaar.

         Uiteindelik sal jy ontdek hoe Jesus jou verander namate jy die paradoks in hierdie beginsels begin uitleef. Want dit is eers wanneer ons aan die einde van onsself kom dat ons begin om die volkome, geseënde lewe te ervaar wat Jesus ons aanbied.

    Oor die Outeur

    Kyle Idleman is ’n leraar aan Southeast Christelike gemeente in Louisville, Kentucky, een van die grootste kerke in Amerika. Hy is die skrywer van verskeie topverkoperboeke en ’n gereelde spreker by konferensies en geleenthede regoor die wêreld. Kyle en sy vrou, DesiRae, het vier kinders.