Waag Dit! Om Lief Te He - Oordenkings Vir Elke Dag (Huweliksuitgawe)(Hardeband)

    Waag Dit! Om Lief Te He - Oordenkings Vir Elke Dag (Huweliksuitgawe)(Hardeband)

    Alex & Stephen Kendrick
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 6 weeks
    R189.95

    365 onontbeerlike oordenkings vir alle huwelikspaartjies.

    Waag dit! om lief te hê het met sy groot sukses bewys dat dit baie meer is as net ’n boek. Dit is ’n hele liefdes­-beweging wat huwelike en verhoudings volkome nuut kan maak.

    Waag dit! om lief te hê – oordenkings vir elke dag bou nou voort op hierdie beweging deur aan lesers te toon dat onvoorwaardelike liefde nie by die laaste bladsy van Waag dit! om lief te hê eindig nie. Die boek daag paartjies uit om in geloof nuwe stappe in hul verhouding te neem met 365 huweliksaanmoe­digings, herinnerings en aksiestappe wat jaar na jaar herhaal kan word.

    Of ’n huwelik in sy doodsnikke is en of dit sterk en gesond is, Waag dit! om lief te hê – oordenkings vir elke dag is ’n onontbeerlike reis vir alle paartjies.

    Oor die outeurs

    Stephen Kendrick is ’n senior medeleraar in predi­king by Sherwood Baptist Church in Albany, Geor­gia, en ook ’n ervare draaiboekskrywer en ver­vaar­diger. Hy en sy vrou het drie kinders.

    Alex Kendrick is mede-medialeraar by Sherwood Baptist Church in Albany, Georgia. Hy is ook ’n ak­teur, skrywer en regisseur van onder andere Fa­cing the Giants. Alex en sy vrou het vyf kinders.

    Lawrence Kimbrough is ’n topverkoper-outeur van oordenkings.