Vyf Tale Van Die Liefde Van Tieners (Sagteband)

    Vyf Tale Van Die Liefde Van Tieners (Sagteband)

    Gary Chapman
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Ontdek en praat die liefdestaal wat jou tiener die beste verstaan.

     

    Die tienerjare kan dikwels stormagtig wees – sosiaal, geestelik en spiritueel. En al voel dit nie altyd so nie, het ouers steeds die grootste invloed op hulle tieners. Vyf tale van die liefde van tieners sal ouers toerus om die beste gebruik te maak van hierdie invloed.

    In hierdie verwerking van die New York Times-top­verkoper Vyf tale van die liefde ondersoek dr. Gary Chapman die wêreld waarin tieners leef, verduidelik die veranderinge waardeur hulle gaan en gee hulpmiddels wat ouers sal help om hulle tieners se liefdestaal te identifiseer en dit ook effektief te kommunikeer.

    Vyf tale van die liefde van tieners gee vir ouers praktiese wenke oor hoe om

    • hulle liefde effektief aan hul kinders te demon­streer
    • die sleutelaspekte van ’n tiener se lewe te navi­geer, insluitend woede en onafhanklikheid
    • grense te stel wat met dissipline en gevolge toegepas word
    • hulle tieners te ondersteun en lief te hê wanneer hulle misluk

    Hierdie hersiene uitgawe sal ouer-tiener-verhoudings in­grypend positief verander.

     

    Oor die outeur

     

    Gary Chapman, Ph.D., is die skrywer van die New York Times se topverkoper The Five Love Languages. Hy het meer as 35 jaar se ervaring as berader. Gary is ook die direkteur van Marriage and Family Life Consultants, Inc. en bied wêreldwyd seminare aan, en sy radioprogram word oor meer as 400 stasies gehoor. Vir meer inligting, besoek www.garychapman.org.