Vyf Tale Van Die Liefde Van Kinders (Sagteband)

    Vyf Tale Van Die Liefde Van Kinders (Sagteband)

    Gary Chapman & Ross Campbell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Available Formats

    Ontdek en praat die liefdestaal wat jou kind die beste verstaan.

     

    Sedert die verskyning van die New York Times-top­verkoper Vyf tale van die liefde het dr. Gary Chapman al miljoene paartjies gehelp om mekaar se liefdestaal te ontdek om sterker verhoudings te bou. Nou kan ouers ontdek hoe om die liefdestale te praat wat hulle kinders verstaan. In hierdie hersiene uitgawe van Vyf tale van die liefde van kinders gee dr. Gary Chapman en dr. Ross Campbell vir ouers raad oor hoe om

    • hulle kinders se liefdestale te ontdek
    • hulle kinders te help om suksesvolle leermetodes te ontwikkel
    • die liefdestale te gebruik om dissipline korrek en effektief toe te pas
    • ’n fondament van onvoorwaardelike liefde vir hulle kinders te bou

    Dié boek bied ook dosyne praktiese wenke oor hoe ouers hulle kinders se liefdestale kan praat. Wanneer ouers hulle kinders se primêre liefdestaal ontdek – en dit dan praat – ken hulle die geheim om hulle kinders effektief lief te hê.

     

    Oor die outeurs

     

    Gary Chapman, Ph.D., is die skrywer van die New York Times se topverkoper The Five Love Languages. Hy het meer as 35 jaar se ervaring as berader. Gary is ook die direkteur van Marriage and Family Life Consultants, Inc. en bied wêreldwyd seminare aan, en sy radioprogram word oor meer as 400 stasies gehoor. Vir meer inligting, besoek www.garychapman.org.

    Ross Campbell is die outeur van How to Really Love Your Child. Hy was medeprofessor in pediatrie en psigiatrie en het wêreldwyd seminare aangebied oor die ouer-kind-verhouding.