5 Tale Van Die Liefde - 'N Bybelstudie (Sagteband)

    5 Tale Van Die Liefde - 'N Bybelstudie (Sagteband)

    Gary Chapman
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    7 studies oor die 5 liefdestale wat wêreldwyd ʼn positiewe impak op huwelik het.

     

    In 2017 is Gary Chapman se boek The 5 Love Languages al vir 25 jaar ’n New York Times-topverkoper. Duisende paartjies kan getuig van die lewensveranderende invloed wat dié boek, wat al in 50 tale vertaal is, op hulle verhoudings gehad het.

    Die inhoud van hierdie gewilde boek is nou verwerk in ’n Bybelstudie, Vyf tale van die liefde – ’n Bybelstudie. In 7 weke openbaar die studie die verskillende maniere waarop mense hulle liefde uitdruk en bied ook die sleutel om mekaar se unieke behoeftes te verstaan. Met behulp van Skrifstudie, besprekingsvrae en praktiese wenke sal lesers ontdek dat indien hulle die regte beginsels toepas en mekaar se regte liefdestaal aanleer, hulle onbeskryflike bevrediging en vreugde in hulle huwelik sal ervaar omdat hulle werklik sal weet hoe om hulle liefde uit te druk en geliefd te voel. Agter in die Bybelstudie is daar ook handige riglyne vir groepleiers wat hulle voor en tydens sessies sal help.

    Vyf tale van die liefde – ’n Bybelstudie sal ’n lewenslange positiewe impak maak op huwelike.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The 5 Love Language – Study Guide

     

    Oor die outeur

    Gary Chapman, Ph.D., is die skrywer van die New York Times se topverkoper The Five Love Languages. Hy het meer as 35 jaar se ervaring as berader. Gary is ook die direkteur van Marriage and Family Life Consultants, Inc. en bied wêreldwyd seminare aan, en sy radioprogram word oor meer as 400 stasies gehoor. Vir meer inligting, besoek www.garychapman.org.