Vryheid (CD)

    Vryheid (CD)

    Joe Niemand
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Die projek, “Vryheid”, is 'n soeke na die hart van die Afrikaner. “Ek dink daar is ‘n deel van ons wat ons verloor het. Ons ken nie meer die mooi, die goeie, die lieflikheid van ons kultuur nie" sê Joe.

    Die identiteit van ons mense is iets waaroor baie in hierdie tyd verward is. Vanuit Europa tot vandag volg die liedere op die album die stories van ons voorvaders deur oorlog, liefde, hartseer en hoop. Deur verdrukking, oorwinning en verwoesting, bly God die goue lyn wat nog altyd deur ons geskiedenis geloop het.

    Die boodskap van Vryheid is om die mooi in ons mense en ons land weer raak te sien.

    Hoogtepunte op die album sluit die sielvolle "Winternag" in wat met instrumente opgeneem is wat ‘n totaal van 260 jaar oud is, die meëvoerende strykers op "In die Hoëveld" en die hartroerede “Amakeia” wat die storie vertel van ‘n Xhosa meisie wat in die 1800's haar lewe opgeoffer het om haar Afrikaner werkgewers se kind te probeer red. Die "Onse Vader" is vir die album in die Voortrekker Monument opgeneem en dit beloof om ‘n tydlose opname te word.