Vriende Van Jesus (Sagteband)

    Vriende Van Jesus (Sagteband)

    Karen Kingsbury
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Ontmoet Jesus se naaste vriende…..

    Amerika se gunsteling inspirerende romanskrywer en New York Times blitsverkoperskrywer vertel die verhaal van ses van Jesus se naaste vriende, terwyl sy Bybelse waarhede lewendig maak in hierdie boeiende voortsetting van haar Bybelstudie-reeks.

    Vriende is die mense met wie jy die meeste tyd spandeer in jou alledaagse lewe. Hulle is die mense saam met wie jy deur moeilikhede werk en wat jou die beste ken. Elkeen van Jesus se vriende – Petrus, Johannes, Simon, Jaïrus, Maria Magdalena en Marta – het saam met Jesus gereis en was deel van Sy daaglikse bediening en elkeen het ’n fassinerende storie om te vertel. Party van hulle het Hom bevraagteken en in Hom getwyfel ... en een het Hom selfs verraai. Karen Kingsbury laat hierdie persoonlikhede herleef op ’n manier wat jou nie net nader aan die waarhede wat in die Bybel gevind word, sal bring nie, maar ook nader aan Christus.

    Karen Kingsbury kombineer waardevolle, leersame Bybelstudie met boeiende en insiggewende karaktersketse van Jesus se metgeselle. Sy gee jou ’n dieper insig in die Bybelse leringe waar hierdie karakters voorkom. Jesus se vriende is kragtig, sal jou laat nadink en is hartroerend. Dit sal jou help om die Bybel te verstaan en ook hoe dit op jou eie verhoudings met die belangrikste mense in jou lewe van toepassing is.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Friends of Jesus

    Oor die Outeur

    Karen Kingsbury is Amerika se gewildste inspirerende roman skrywer. Daar het al meer as 50 romans uit haar pen verskyn en meer as 25 miljoen van haar Boeke is reeds verkoop. Haar romans verskyn deurgaans op verskeie topverkoperlyste en heelwat van haar Boeke is in produksie as teater – en Hallmark films.

    Sy woon in Nashville saam met haar man, Don, en hul vyf seuns, waarvan drie van Haiti aangeneem is. Daarbenewens is Karen besoekende professor by Liberty Universiteit waar sy meestersklasse oor die vertelkuns aanbied. Sy en Kelsey het ook hul eie kaartjie- en geskenkreeks genaamd ‘Possibilities’.