Vier Bloed - Maan Profesie (Sagteband)

    Vier Bloed - Maan Profesie (Sagteband)

    Mark Hitchcock
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R54.95

    Het die finale aftelling na die eindtye begin? Is daar tekens in die hemel wat vir ons sê die einde is naby?

    Astronome het die tekens opgemerk. Geskiedkundiges het die betekenis daarvan herken. In 2014 en 2015 is daar die fenomeen in die hemelruim van vier bloedmane wat gedurende die Joodse feesdae plaasvind. Dit het nog net drie maal in die geskiedenis plaasgevind: 1493-94, 1949-50 en 1967-68. Elkeen van hierdie datums het ’n buitengewone betekenis vir die Israeliete gehad. Vanaf die ontdekking van die Nuwe Wêreld tot die skepping van moderne Israel, is die jare waarin die vier bloedmane verskyn het, ware keerpunte in die geskiedenis. In Bybel-profesieë word kere beskryf wat die maan donker en bloedrooi word. Wat is die betekenis van hierdie tekens in die hemelruim? Wat hou die toekoms in? Mark Hitchcock lei jou deur die toepaslike Bybelverse sodat jy die tye waarin jy leef, kan verstaan.