Verskuif Jou Grense (Sagteband)
John C MaxwellHierdie boek lê my na aan die hart, want jy lê my na aan die hart! Ek werk al vir 50 jaar daaraan om myself te verbeter en ander mense se lewens te verbeter. Niks gee my groter vreugde as om mense te help om te groei en te gedy nie. Ek het hierdie boek spesiaal geskryf om jou op te bou en jou te help om jou potensiaal te verwesenlik.
Hoe het hierdie boek ontstaan? Die idee het by my opgekom terwyl ek besig was om een van my gunstelingtydverdrywe te geniet: ’n heerlike maaltyd in die aangename geselskap van vriende. In die loop van ons gesprek het iemand opgemerk hoe belangrik potensiaal is, en wat mense kan doen om hul volle potensiaal te bereik. Dit het tot ’n stimulerende gesprek gelei. Toe ons twee uur later van die tafel af opstaan, het iemand laat val: “Weet julle, ek het nog nooit ’n boek gelees
User Reviews