Verlos Deur Genade (Sagteband)

    Verlos Deur Genade (Sagteband)

    Jill Eileen Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.95

    R170.00

    Een getroue vrou is op die punt te ontdek hoe kragtig liefde is.

    Wanneer hongersnood Betlehem tref, bly sommige hoop vir reën terwyl Naomi en haar gesin die lang reis na Moab aanpak op soek na groener weivelde. Dáár is die oes oorvloedig, en vir ’n tyd lank wil dit voorkom of die Here hulle seën. Maar dan begin die een ramp na die ander hulle tref totdat Naomi alleen agterbly in ’n vreemde land met net haar twee weduwee skoondogters om haar te vertroos.

    Mismoedig en brandarm besluit Naomi om alleen terug te keer na Bethlehem. Maar haar skoondogter Rut weier om haar alleen te laat gaan. Ten spyte daarvan dat sy en Naomi waarskynlik die res van hulle lewe as armoedige weduwees sal leef, bly Rut hoop vir ’n beter toekoms ... en miskien selfs ’n tweede kans op die liefde.

    Oor die outeur

    Jill Eileen Smith is die outeur van topverkoper-reekse, soos Wives of King David, Wives of the Patriarchs en Loves of King Solomon. Haar navorsing het haar al van die Bybel na Israel geneem, en sy hou veral daarvan om meer te leer oor hoe vroue in die Ou-Testamentiese tyd geleef het.

    Jill hou daarvan om van haar lesers te hoor. Kontak haar by www.jilleileensmith.com of volg haar op Facebook (www.facebook.com/jilleileensmit) of Twitter (@JillEileenSmith).