Verhale Uit Die Bybel Vir Jong Gelowiges (Sagteband)

    Verhale Uit Die Bybel Vir Jong Gelowiges (Sagteband)

    Dave Strehler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R161.00

    In 366 dagstukke maak agt- tot twaalfjariges van nader kennis met gewilde Bybelhelde.

     

    In die Bybel is daar wonderlike stories oor mense wat groot dinge vir die Here gedoen het. Van die mense was van nature sterk en dapper, soos Simson. Ander was stiller en meer saggeaard, soos Daniël en Rut. Maar hulle almal was lief vir God en het groot dinge vir Hom gewaag.

    Hierdie opwindende dagboek vir kinders sal hulle op ’n reis deur die Bybel neem. Dit vertel die verhale van verskillende helde wat fantastiese avonture be­leef het. Die indeks agter in die boek sal hulle na ’n spesifieke tema lei waaroor hulle dalk wonder, by­voorbeeld God se plan, hoop, verskillende gelowe en wonderwerke. Elke dagstukkie sal kinders help om die lesse wat die Bybelhelde geleer het in hulle eie lewe toe te pas.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Amazing Stories for Young Believers.

     

    Oor die outeur

    Dave Strehler is al vir langer as 20 jaar betrokke by die onderrig van kinders. Hy is tans be­trokke by die Eastside Community Church in Pre­toria. Hy is passievol daaroor om kin­ders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy volg ’n praktiese benadering wanneer hy skryf oor kwes­sies rakende die Christelike lewe.