Vergewe En Leef (Sagteband)

    Vergewe En Leef (Sagteband)

    Cherie Hill
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Ons weet dat ons veronderstel is om te vergewe, maar ons kan nie vergeet nie. En dit is hierdie sielestryd wat keer dat ons harte genees word – en dit veroorsaak dat die gaping tussen ons pyn en die vrede waarna ons smag, lyk of dit onoorkomelik is.

         Wanneer ons dink aan vergifnis, verwar ons maklik God se liefde met ons eie. Dit verwar ons en maak ons gefrustreerd omdat ons nie duidelik verstaan wat God regtig van ons verwag nie. Wanneer jy deur Vergewe en leef werk, sal jy duidelik begin sien wat God bedoel wanneer Hy sê jy moet ‘vergewe’. En dit is heel waarskynlik nie wat jy dink nie. Wanneer die waarheid aan jou openbaar word, wanneer die leuens ontbloot word, word jy vrygemaak van die las van vergifnis. Jy sal ontdek dat jy slegs jou hoop opgee vir ’n ander verlede ... wanneer jy besef dat die onreg nooit reggemaak kan word nie, maar dat dit vergewe kan word.

    Oor die Outeur

    Cherie Hill is die stigter van ScriptureNow.com, wat God se Woord al vir meer as 10 jaar na duisende mense in meer as 30 lande bring. Sy het ’n BA-graad in Sielkunde en het opleiding ontvang in Bybelse berading. Sy is een van Amazon.com se topverkoperskrywers en het al meer as 12 boeke geskryf. Sy skryf ook vir verskeie aanlyn-tydskrifte. Cherie bid daagliks dat God se liefde en genade deur haar eie lewe sal oorspoel na die lewens van ander.