Van Gewoon Na Uitsonderlik (Sagteband)

    Van Gewoon Na Uitsonderlik (Sagteband)

    Kobus Neethling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R249.95

    Ag, my lewe is so vervelig ...
    Die mense by my werk maak my mal!
    Ek haat my werk, ek werk net vir geld.
    Voel jy ook so?
    Dan sal hierdie boek jou help om kopskuiwe te maak. Dit sal jou leer hoe om jou vaardighede te ontwikkel om meer effektief te wees. Dit sal jou motiveer om jou dagtake meer positief en kreatief af te handel.
    In 200 stukkies wat jy oor 40 weke – elke werksdag – kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is geskryf in alledaagse, verteerbare taal. Die inhoud is boonop so ontwerp dat die daaglikse stukkie jou net vyf minute sal neem om deur te gaan.
    Die onderwerpe is sorgvuldig gekies om jou te help om ...
    • te verstaan hoe jou breinvoorkeure jou werk beïnvloed
    • idees te skep wat die mense om jou sal inspireer
    • beter te kommunikeer vir beter verhoudings
    • jou probleme kreatief op te los
    • gelukkig te wees (selfs op ’n Maandag!)
    • te ontdek hoe slim jy regtig is
    • goeie en slegte stres te bestuur
    • jou beste te lewer.
    Jy, net buitengewoon is nuut. Dis groot. Dit sal die manier waarop jy werk vir altyd verander.