Vallei Van Trane (Sagteband)

    Vallei Van Trane (Sagteband)

    Nola Shaw
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R49.95

    Die verlies van ’n geliefde is ’n pynlike ervaring waar­mee elke mens op die een of ander tydstip in sy lewe ge­konfronteer word. Dan voel dit of iemand diep binne-in jou ’n lig afgeskakel het. Vallei van trane is ’n be­moe­digende boekie en bring die versekering dat God se lig nooit uitgedoof word nie. God reik uit na jou gebroke hart en bring genesing vir al jou seer.

     Vallei van trane bied praktiese riglyne oor hoe om smart te hanteer. Die sensitiewe en bemoedigende woor­de bied waardevolle vertroosting en hoop aan dié wat treur. En die teer aanmoediging bied geestelike en emosio­ne­le leiding aan die reisiger wat die pad soek ná die verlies van ’n geliefde.

    Nola Shaw het ’n MA-graad in Teologie (UNISA) en haar verhandeling het gefokus op ondersteuning tydens verlies. Sy is ’n ervare fasiliteerder van ondersteuningsgroepe vir mense in rou.