Uniek & Amazing (Sagteband)

    Uniek & Amazing (Sagteband)

    Jennifer Rothschild
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    God sien jou raak en is lief vir jou, maak nie saak hoe jy oor jouself voel nie.

     Jennifer Rothschild weet hoe maklik tienermeisies voel asof hulle nie raakgesien word nie en onsigbaar is. In Uniek & amazing gebruik Jennifer die ongewoonste liefdesverhaal in die Bybel, wat ons in die boek Hosea kry, om jong meisies te laat besef dat God vir hulle lief is en vir hulle omgee, maak nie saak hoe hulle tans oor hulleself voel nie.

    Jong meisies sal ontdek:

    • As jy wegdwaal, sal Hy jou soek en kry.
    • As jy bang is, sal Hy jou rustig maak.
    • As jy twyfel in Hom, sal Hy jou geloof versterk.

    Uniek & amazing  is ideaal vir alle tienermeisies wat graag hulle identiteit in Christus wil vind.

    Oor die outeur

    Jennifer Rothschild is ’n outeur en bekende spreker. Sy het al 11 boeke geskryf, waaronder die topverkopers Lessons I Learned in the Dark en Self Talk, Soul Talk. Sy was al op TV-programme soos Good Morning America en Dr. Phil, en is die stigter van Fresh Grounded Faith-byeen­komste en vrouebediening. Jennifer het op die ouder­dom van 15 blind geword en help nou ander om sonder beperkings te lewe.