Ukuqala Uhambo Zulu (Sagteband)

    Ukuqala Uhambo Zulu (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R39.95

    R31.96

    ’n Vertroude evangelisasie-hulpmiddel nou ook in Zulu beskikbaar.

     

    Angus Buchan se gewilde evangelisasie-hulpmiddel, Begin die reis, is nou ook in Zulu beskikbaar onder die titel Ukuqala uhambo.

         In hierdie evangelisasie-hulpmiddel verduidelik Angus Buchan op ʼn een­voudige manier die pro­bleem van sonde en God se plan om ons verhou­ding met Hom te herstel.

    Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Dié boek fokus veral op:

    -          Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as per­soonlike Here en Redder te ken.

    -          Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God.

    -          Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel.

    Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrif­verwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry.

    As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewens­veran­derende nuus met ander te deel en Begin die reis sal elke gelowige help om dié roeping uit te leef.

     

    Ook beskikbaar in Afrikaans onder die titel Begin die reis en Engels onder die titel Starting the Journey

     

    Oor die outeur

     

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.