Uitdaging Tot 'n Nuwe Lewe In Christus (Sagteband)

    Uitdaging Tot 'n Nuwe Lewe In Christus (Sagteband)

    Chip Ingram
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R129.95

    R89.95

    Hoe lyk die profiel van ’n ware dissipel?

     

    Uitdaging tot ’n nuwe lewe in Christus is geïn­spireer deur Romeine 12 en bied ’n treffende profiel van ʼn dissipel en ʼn inspirerende uitdaging om elke dag meer soos Jesus te word. Die geestelike weg is Bybels, verhoudingsgerig, gena­de­gerig, geloofsgerig, prak­ties en meetbaar.

     

    Chip Ingram daag lesers uit om “r12”-Christene te word en help hulle om die vyf be­lang­rik­ste vrae in hul lewe te be­ant­woord:

    • Hoe gee jy vir God wat Hy die graagste wil hê?
    • Hoe kry jy die beste wat God vir jou wil gee?
    • Hoe leer ken jy die wa­re jy?
    • Hoe kan jy opregte gemeenskap met ander ge­lowiges ervaar?
    • Hoe oorwin jy die boosheid wat op jou gerig word?

     

    Elke hoofstuk sluit af met relevante vrae en aksie­stappe wat lesers uitdaag en ver­sterk in hul reis om as ’n “r12”-Christen te lééf!

     

    ’n Spe­si­a­le bylaag vir le­raars sal hulle help om die be­ginsels in Uitdaging tot ’n nuwe lewe in Christus in hulle gemeentes toe te pas sodat die gemeente ware Christen­skap kan ervaar.