Uit 'N Ouerhart (Sagteband)

    Uit 'N Ouerhart (Sagteband)

    Norma Rossouw
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    50 waarhede vir elke kind se lewensreis.

    Kinders leer die beste deur ander se voorbeeld na te volg en deur dinge te doen. In Uit ’n ouerhart deel Norma Rossouw 50 waarhede met ouers om prakties toe te pas en jou kind toe te rus vir die lewe. Sy bevestig die belangrikheid van ouers se voorbeeld en om die Here saam met jou kind in gebed en lofprysing te dien.

    Norma deel van haar eie insigte as ouer, wat die Bybel oor elke aspek sê, hoe om die Heilige Gees as Raadgewer in elke situasie te vertrou en hoe om God te loof vir wat Hy reeds gedoen het. Temas wat bespreek word, is onder andere vriendskap, prioriteite, liefde in aksie, nederigheid en waarvoor om nee te sê.

    Daar is ook plek vir jou en jou kind om vrae te beantwoord en gedagtes neer te skryf, asook voorstelle vir gebede om saam te bid en voorstelle vir dinge om as ouers en kinders te doen.

    Oor die outeur

    Norma Rossouw is ’n vreugdevolle vrou met passie vir die bediening waar­voor God haar geroep het. Sy het al talle leiersposisies in die kerk beklee, maar haar leiding as ma vir G.J. is die een wat haar die naaste aan die hart lê. Sy is getroud met Gert en is bevoorreg om die vrede van ’n plaas-lewe te kan geniet.