Uit Die Beek 2017 (Sagteband)

    Uit Die Beek 2017 (Sagteband)

    Attie Van Wijk
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R175.00

    Uit die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens.
         In die Ou Testament lees ons vanjaar uit Deuteronomium, Rut, 1 en 2 Kronieke, Ester, Joël, Jona, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai en Maleagi; en in die Nuwe Testament uit Handelinge, Kolossense, 1 en 2 Timoteus, Filemon, Judas en Openbaring. Sondae lees ons, soos gewoonlik, uit die Psalms.