Tot By Die Maan (Sagteband)

    Tot By Die Maan (Sagteband)

    Karen Kingsbury
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.95

    R170.00

    ’n Onwaarskynlike liefdesverhaal oor vergifnis, hoop en die geloof dat ’n nuwe môre uit die as van gister kan verrys.

    Brady Bradshaw was ’n kind toe sy ma in die Oklahoma City-bomaanval gesterf het. Elke jaar besoek Brady die gedenkterrein op die herdenking. Dit is op dié dag meer as ’n dekade tevore dat hy Jenna Phillips ontmoet het. Sy was ook ’n kind toe haar ouers in die bomaanval dood is. Brady en Jenna het ’n diep hartsverbintenis ervaar en ’n enkele onvergeetlike dag saam deurgebring by die gedenkterrein. Brady het Jenna daarna nooit weer gesien nie, maar elke jaar wanneer hy terugkeer, los hy vir haar ’n brief in die hoop dat hy haar weer sal vind. Hierdie jaar gaan Ashley Baxter Blake en haar suster Kari Baxter Taylor saam met hul gesinne op reis, en dit sluit ’n besoek aan die bekende Herdenkingsboom in Oklahoma City in. Daar sien Ashley ’n jong man raak, alleen en mismoedig. Daardie jong man is Brady Bradshaw. ’n Toevallige ontmoeting lei daartoe dat Ashley vir Brady help om Jenna te vind – die meisie wat hy nie kan vergeet nie. Tot by die maan en terug is innig emosioneel en pragtig romanties; ’n onwaarskynlike liefdesverhaal oor vergifnis, genesing, hoop en die geloof dat ’n nuwe môre  uit die as van ’n gebroke gister kan groei.

    Oor die Skrywer

    Karen Kingsbury is ’n USA Today- en New York Times-topverkoperskrywer en Amerika se gewildste inspirerende romanskrywer. Daar het al meer as 50 romans uit haar pen verskyn en sy spog met verkope van meer as 20 miljoen boeke. Karen en haar man, Don, bly in Nashville, Tennessee.