Die oudste Bybeldagboek in Afrikaans is onder nuwe outeurskap. Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek met ’n nuwe invalshoek en uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe.
OOR DIE OUTEUR
Dr Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy skryf elke maand in LiG, sy Grootseun-storie. Hy is onlangs bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van die stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot literêre fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus.
-
By
Barend Vos
-
Category
Dagstukke
-
SKU
9780796320339
-
Barcode
9780796320339
-
Size
234 x 152 mm
-
Department
Afrikaanse Boeke
-
Year
2018
-
Number of Pages
400 pp
-
Language
Afrikaans
-
Weight (kg)
0.0000
-
Format
Sagteband
-
Publisher
Lux Verbi
Voorwoord
Uit die Beek is Afrikaans se oudste Bybeldagboek. Die eerste weergawe hiervan het reeds in 1925 verskyn, in Nederlands, en sedert 1927 staan dit as Uit de Beek bekend. Volgens sommige bronne is die naam ontleen aan Psalm 110 se laaste vers soos dit in die Nederlandse Statebybel lui: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.”
In 1929 is dié dagboek vir die eerste keer in Afrikaans gepubliseer, met die titel wat dit sedertdien dra. Hierdie publikasie het ’n baie spesiale verbintenis met die Van Wijk-familie. Ds AJ van Wijk was die eerste skrywer, en sy kleinseun, die bekende ds Attie van Wijk van Wellington, het die skryf hiervan die afgelope tien jaar waargeneem. Laasgenoemde het die prysenswaardige reggekry om lesers stelselmatig en gedissiplineerd deur die hele Bybel te begelei. Só het getroue Uit die Beek-lesers die afgelope klompie jare die Bybel van hoek tot kant deurgelees, en hulle kon saam met die skrywer nadink oor hoe hierdie Woord die lewe se elkedagse eise én oorwinnings belig.
Dit is my voorreg om Uit die Beek 2018 aan gelowiges te bied. Die daaglikse Skriflesings volg grootliks dié van die bekende leesrooster Revised Common Lectionary (RCL) se liturgiese Jaar B. En met die aanbreek van Advent, dié van Jaar C. Die RCL word wêreldwyd gebruik, ook met groot vrug en vreugde deur baie gemeentes in ons land.
My gebed is dat almal wat in tye soos dié ’n boek soos dié aanskaf en gebruik, elke dag die Woord se verkwikkende krag sal beleef. En hul kop oplig.
User Reviews