Vanuit Die Hart (Hardeband)

    Vanuit Die Hart (Hardeband)

    Rolene Strauss
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R220.00

    Stap saam met die voormalige Mej Suid-Afrika en Mej Wêreld, Rolene Strauss, op ’n jaar lange reis van selfontdekking vir ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe.

     

    Vanuit die hart is oordenkings deur die voormalige Mej. Wêreld en Mej. Suid-Afrika, Rolene Strauss. In hierdie dagboek deel Rolene die geheime tot haar sukses en die lesse wat sy geleer het as ’n skoonheidskoningin en ambassadeur vir haar land. Die eerlike en opregte oordenkings oor onderwerpe soos moed, keuses, geleenthede, verhoudings, selfvertroue, druk en uithouvermoë sal aanklank vind by vroue van alle ouderdom. Aan die einde van die week is daar ook plek om jou eie gedagtes oor die week se onderwerp neer te skryf en so ’n unieke, verpersoonlikte dagboek te maak.

    Vanuit die hart is ’n jaar lange reis wat vroue van alle ouderdomme sal aanmoedig om te besef hoe waardevol hulle in God se oë is. Hulle sal geïnspireer word om ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe te leef.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel Reflections from the Heart.

     

    Oor die Outeur

    Rolene Strauss is in 2014 gekroon as Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld. Sy het in 2017 aan die Universiteit van die Vrystaat gegradueer as me-diese dokter. Rolene is getroud met D’Niel Strauss en hulle is geseën met ’n pragtige seuntjie. Sy is die voorsitter van die Strauss Foundation, ’n orga-nisasie wat gesondheid, opvoeding en liefdadigheid bevorder. Sy is ook die mededirekteur van RevitaHealth, waar sy die nie-kliniese ambassadeur is vir holistiese en voorkomende gesondheid vir vroue. Hierdie begaafde en sprankelende glans-persoonlikheid is vandag ’n bekende rolmodel en gewilde motiveringspreker. Rolene se elegansie en waardes het haar bemind gemaak onder oud en jonk.