Die Reis Van 'N Pelgrim (Hardeband)

    Die Reis Van 'N Pelgrim (Hardeband)

    Ann Goodfellow
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R250.00

    Die reis van ’n pelgrim is ’n 52-week-dagstukkieboek wat gelowiges van rigtingwysers op hul pad sal voorsien.

    So dikwels in die lewe vind ons dat ons soek na God en uitreik na Hom, desperaat vir sy teenwoordigheid en om ’n liefdevolle verhouding met Hom te bou. Daar is soveel tye waar ons onseker voel, desperaat en met ’n behoefte aan krag en versekering, en dit is in daardie oomblikke dat God na ons uitreik en sy hand in ons s’n plaas. 

    Die reis van ’n pelgrim is ’n 52-week-dagstukkieboek wat die gelowige soeker van rigtingwysers op hul pad voorsien. Die oordenkings sal jou in staat stel om jou weg na God te vind, sy hand te neem en die dag met moed aan te pak. Soek na die Lig wat jou lewe sal verryk en jou sal verseker van God se standvastigheid. Verdiep jouself in God se liefde, gee alles dag na dag oor in sy hand, en bewaar alles wat Hy jou wil leer diep in jou hart.

       Elke gelowige moet daarna streef om die karaktereienskappe van God aan te neem. Wanneer ons Jesus Christus se karaktertrekke bestudeer, kom ons agter dat ons daardie karaktertrekke in ons verhouding met Hom kan aanneem en elke dag meer soos Hy kan word. Die reis van ’n pelgrim sal jou in staat stel om jou Verlosser te ontmoet, maak nie saak voor watter uitdagings jy te staan kom nie. Deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring, sal jy nuwe waarhede en openbarings ontdek namate jy saam met Christus deur die lewe reis.

    About the Author

    Ann Goodfellow skryf al vir meer as 35 jaar gebede end agstukkies wat weekliks aan kerke en vriende versprei word. Sy is betrokke by baie aspekte van gebed, waaronder onderrig, intersessie en genesing, en het al sewe boeke van gebede en dagstukkies geskryf. Sy woon in ’n aftree-oord in Gauteng en het twee kinders en vyf kleinkinders.