Jesus-Avonture Vir Kaalvoeters (Hardeband Met CD)

    Jesus-Avonture Vir Kaalvoeters (Hardeband Met CD)

    Cor Uys & Letitia Uys
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R144.00

    24 lekker-lees-stories oor oom Karoolus en Lente se avonture.

    Oom Karoolus en Lente is bekende karakters vir die Suid-Afrikaanse kleinspan. Nou kom deel Cor en Letitia Uys 24 lekker-lees-avonture van dié twee geliefde karakters.

    Oom Karoolus leer in hierdie pragtige boekie vir Lente en al haar mense-maats sommer baie nuwe dinge. Lesertjies sal sien hoe kosbaar hulle vir Jesus is terwyl hulle leer van God se spesiale boek, die besonderse reënboog wat Hy vir ons gegee het, hoe hard miertjies kan werk, dat God ons altyd veilig sal hou en ons nooit ooit sal vergeet nie, en vele meer.

    Elke storie bied ook spesiaal ’n Bybelvers om te onthou, en bied ook die volgende belangrike uitdagings om kinders te help groei: Watter nuwe woord jy vandag geleer het, ’n doen-ding en iets om oor te gesels. Die gebed vat dan alles mooi saam.

    Ingesluit is ’n gratis CD met 10 lekker saamsing-liedjies.

    Oor die outeurs

    Cor en Letitia Uys is al ongeveer 30 jaar betrokke by kinderbediening in Suid-Afrika en hulle is veral bekend as Oom Karoolus en Lente. Hulle bedien by ge­meentes, jeugweke, kleuterskole en laerskole, kunste­feeste en kinderteatergeleenthede. Hulle vervaardig en bied ook radio- en televisieprogramme aan, en hulle jarelange program, Maranataland, word gereeld op Christelike radio- en televisiestasies gehoor en gesien.