Wanneer Die Bybel Nie Sin Maak Nie (Sagteband)

    Wanneer Die Bybel Nie Sin Maak Nie (Sagteband)

    Marius Nel
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.94

    Kry  dieper insig in die talle teenstellings in die Bybel en hoe dit juis meer oor God leer.

    Jy is waarskynlik al gekonfronteer deur een of meer van die teenstellings in die Bybel. Mense gebruik dit dikwels as redes om die Bybel te verwerp. Dit is dinge soos:

    • Waarom leer Jesus ons om te bid as Hy ook sê die Vader weet wat ons behoeftes is?
    • Die profeet Jesaja voorspel dat ’n Vredevors gebore sal word, maar dan verklaar Jesus dat Hy nie vrede gebring het nie, maar stryd.
    • Jesus sê die eerstes sal laaste wees en die laastes eerste – wat beteken dit?

    In Wanneer die Bybel nie sin maak nie ondersoek Marius Nel hierdie en verskeie ander teenstellings in die Bybel. Elke teenstelling word belig deur soveel teksverse moontlik, asook die betekenisse van sommige Hebreeuse en Griekse woorde in die grondteks. Jy sal telkens verras besef dat dit nie gaan oor watter stelling korrek is nie, maar dat die teenstellings mekaar aanvul en dat ons beide stellings in konteks moet verstaan.
    Ontdek dat God op maniere werk wat bo ons begrip is, maar juis ook op maniere wat sy liefde en genade openbaar. 

    Oor die outeur

    Marius Nel is bestuurder van TabernaDei-Akademie, ’n oopleersentrum van Noordwes-Universiteit in Polokwane, waar hy ook een van die pastore van die AGS-gemeente is. Hy het onlangs sy vierde doktorsgraad in Nederland verwerf, hierdie keer in Nuwe Testament. Hy is getroud met Mariet en hulle het drie kinders.