Maak 'n Kopskuif - Elke Dag (Sagteband)

    Maak 'n Kopskuif - Elke Dag (Sagteband)

    Caroline Leaf
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    366 oordenkings wat jou lei om ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef.

    Volgens navorsers is die meeste van die siektes waaraan ons vandag ly, die volg van ons gedagtes. Wat ons dink, beïnvloed werklik ons fisieke en emosionele lewe. Trouens, vrees alleen is die sneller vir 1 400 fisieke en chemiese reaksies in ons liggame wat meer as 30 hormone aktiveer. Ons hedendaagse wêreld ervaar ’n epidemie van toksiese gedagtes wat, as die onverstoord gelaat word, die ideale toestand vir siektes skep.

    In Maak ’n kopskuif – elke dag gee dr. Caroline Leaf vir lesers wenke vir beter gesondheid en heelheid deur net die regte denkpatrone te ontwikkel. Met 366 oordenkings, elk met ’n gesondheidswenk, help sy lesers om elke dag ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef. Haar unieke oordenkings bied vir lesers bemoediging en strategieë om die voordeel om elke dag die voordeel geniet van ’n gedagtewêreld wat ’n detoks deurgegaan het.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel Switch On Your Brain – Every Day.

    Oor die outeur

    Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook haar Meestersgraad en PhD in Kommunikasiepatologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.