Leef Lig (Sagteband)

    Leef Lig (Sagteband)

    Vivienne Heath
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

     Leef lig bied ’n unieke leefstylprogram wat lesers uitnooi om na die grondbeginsels van gesondheid terug te keer.

     Leef lig bied ’n unieke leefstylprogram wat jou uitnooi om na die grondbeginsels van gesondheid terug te keer. Jy sal leer om nie obsessief te wees oor jou gesondheid nie, maar om eerder die sewe kwessies te beheer wat die grootste invloed het op jou daaglikse gesondheid en welstand. Die sewe kwessies is: 'n liefdesverhouding met God; 'n gesonde, natuurlike dieet; genoeg water; gereelde oefening; voldoende vars lug; genoeg slaap en rus; en vryheid van verslawing aan suiker en/of koring. Leef lig sal jou help om ’n volhoubare leefwyse te vind wat ’n gesonde belegging in jou liggaam, siel en gees sal bewerkstellig. Dit bevat ook plek om elke dag aantekeninge te maak, ’n daaglikse gebed en ’n afdeling met resepte om jou te help om hierdie reis te begin.

    Oor die Outeur

    Vivienne Heath is ’n skrywer en spreker by retraites en geleenthede vir vroue. Sy praat oor onderwerpe soos intimiteit met God en die belang van liggaam, siel én gees. Sy is ook aan die hoof van Fit for Praise – ’n dansbediening wat deelnemers leer hoe om lofprysing, aanbidding en geestelike oorlogvoering met behulp van beweging te doen. Sy is ’n vrou, ma en ouma en woon in Pretoria, Suid-Afrika.Website: www.litenuf.co.za