Die Hart Van 'n Onderwyser (Hardeband)

    Die Hart Van 'n Onderwyser (Hardeband)

    Karla Dornacher
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    Sê dankie vir ’n wonderlike onderwyser met hierdie geskenkboekie vol inspirasie, verkwikking en seëninge.

    Onderwysers lei ons kinders met wysheid en begrip op die pad na die toekoms. Hulle gee daagliks soveel van hulleself terwyl hulle help om karakter te bou, kennis te verbreed en die deur na die toekoms oop te sluit. Karla Dornacher vier hierdie belangrike rolmodelle in kinders se lewe in Die hart van ’n onderwyser met spesiaal uitgesoeke teksverse, kort gebede en inspirerende aanhalings wat afgerond word met pragtige illustrasies.

    Sê dankie vir ’n wonderlike onderwyser met hierdie volkleur-geskenkboekie vol inspirasie, bemoediging en seëninge.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Heart of a Teacher

    Oor die outeur

    Karla Dornacher is ’n selfopgeleide kunstenaar, vrou, ma, tuinier en tuiste­skepper. Sy was in haar 40’s toe sy haar eerste skildery geverf het. Omdat sy van nature ’n storieverteller is, sê sy daardie eerste skilderye het haar die ideale manier gegee om woorde van liefde, hoop en bemoediging te deel; iets waaroor sy baie passievol is. Karla woon in Vancouver saam met haar man met wie sy al meer as 40 jaar getroud is. Sy geniet dit om haar vrye tyd saam met haar familie en vriende deur te bring, en leer graag iets nuuts. Besoek Karla by www.karladornacher.com