5 Minute Saam Met God (Hardeband)

    5 Minute Saam Met God (Hardeband)

    Benescke Janse Van Rensburg
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    Slegs 5 minute se kwaliteit-tyd saam met God is genoeg om jou te vernuwe en ware vrede te laat ervaar.

     

    5 minute – dis soms al wat jy nodig het om die seën van God se onmeetbare vrede, krag en hoop te ervaar.

    In 5 Minute saam met God herinner Benescke Janse van Rensburg jou in 52 kort, inspirerende gedagtes dat God genoeg is, dat jy waardevol is vir Hom, dat Hy weet wat Hy doen, en dat Hy wag om jou te troos en te bemoedig. Elke stukkie word ook gekomplementeer met ’n aanhaling en 5 teksverse oor die tema wat jou nader aan God sal trek.

    5 Minute saam met God wys dat wanneer ons selfs net enkele minute saam met God deurbring, ons die krag en moed sal ontvang om probleme aan te pak en die lewe te leef wat God vir ons beplan het.

     

    Oor die outeur

    Benescke Janse van Rensburg het aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy het ’n BA-graad, ’n onderwyssertifikaat en ’n honneurs- en meestersgraad in Joernalistiek verwerf. Sy het haar loopbaan in die radiobedryf begin by Radiokansel en is vandag betrokke by Tygerberg 104FM in die Kaapse Skiereiland. Benescke is ook een van die skrywers vir die elektroniese dagstukkies “Vers-’n-Dag” wat na meer as 80 000 intekenare wêreldwyd uitgestuur word. Sy skryf ook vir geestelike en inspirasietydskrifte en tree as motiveringspreker op. Sy is getroud met Johannes en hulle het twee dogtertjies.