Mara (Sagteband)

    Mara (Sagteband)

    Lizette Van De Heg
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.00

    ’n Verhaal van lief en leed en hoe die liefde triomfeer.

    Dit is die verhaal van Maria – ’n ongetroude jong meisie van ’n Nederlandse dorpie naby Vlissingen. Maria is swanger en haar stiefpa sit haar op ’n boot om by haar tante in die Hollandse platteland te gaan bly om die baba te gaan hê uit die oog van die dorp waar haar stiefpa predikant is. Haar tante aanvaar haar in liefde en vra nooit uit na die pa van die kind nie. Die dorpsgebied se predikant, Reijer begin ook by Maria kuier, ten spyte daarvan dat sy swanger is.
    Ná die verloop van interessante dog hartseer gebeure, leer Maria uiteindelik om haar babadogter, Mara, lief te kry. Sy leer ook in die proses om vrede te maak met God as barmhartige en liefdevolle Vader en nie die soort pa wat sy ken nie.

    Oor die skrywer

    In 2009 debuteer Lisette van de Heg met haar roman Mara, waarvoor sy die Christelike Boekprys in Holland gewen het. Die boek is vertaal in vyf tale, onder andere Duits en Engels. In 2011 koop die filmvervaardiger Nick Jongerius van Pellicola die filmregte en kondig aan dat die boek as film ook sal verskyn. Van de Heg is opgelei as tandartsassistent. Sy is getroud, het twee kinders en woon saam met haar gesin in Barneveld in Nederland.