Lizzie Die Leeutjie (Hardeband)

    Lizzie Die Leeutjie (Hardeband)

    Lisa Bevere
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R99.96

    R85.00

    Leer jou kleingoed die ware betekenis van moed met die pragtige verhaal van Lizzie die leeutjie. 

    Kinders sal mal wees oor Lizzie, ’n leeutjie wat die ware betekenis van moed ontdek. Wanneer die nuuskierige Lizzie sien iemand is in die moeilikheid, probeer sy dadelik self te help, maar sy vind gou uit om werklik dapper te wees, beteken soms mens moet grootmense se hulp vra. Die boek met sy prettige illustrasies deur Kristeen Harris-Jones leer kinders dat mens nie die grootste hoef te wees om die sterkste te wees nie, en dat dit nie die een is wat die hardste brul wat die dapperste is nie. Deur God se hulp te vra en dan volwassenes te betrek, wys Lizzie dat mens nie op jou eie dapper is nie – dis ’n spanpoging!

    Oor die Outeur

    Lisa Bevere en haar man, John, is gerekende Christen-skrywers, sprekers en pastors van Messenger International. Daar is al miljoene eksemplare van haar boeke wêreldwyd verkoop, onder meer Fight Like a Girl, Lioness Arising en Girls with Swords. Sy is van Sisiliaanse afkoms en is ’n ma van vier seuns en ook ’n ouma.