Genesing Vir Elke Vrou (Sagteband)

    Genesing Vir Elke Vrou (Sagteband)

    Joyce Meyer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R200.00

    Genesing vir elke vrou lei die leser deur dit wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus.

    Kan ’n vrou wat diep seergemaak is deur die lewe in haar hart en siel genees word? As sy verwond is deur ’n man wat sy vertrou het, kan sy weer liefde vind? As ’n vrou wat self jare se misbruik, verwerping en verraad moes verduur van dié naaste aan haar, kan Joyce Meyer met ’n weergalmende “Ja!” antwoord. Sy put inspirasie uit haar eie geskiedenis van mishandeling om te wys hoe Jesus Christus se verlossende liefde vroue se emosionele wonde kan genees en vreugde terugbring in hul lewe. Joyce se positiwiteit spruit uit haar eie lewensreis, en omdat sy al soveel vroue gehelp het wat gedink het hulle kan nie hul pyn ten volle oorkom nie – of selfs weet waar om te begin nie. Dit doen sy deur vroue te rig na die Woord en die lewensveranderende wysheid wat daarin te vinde is. Elke hoofstuk lei die leser deur wat dit ook al is wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus. God kan al jou pyn wegneem!

    Kan ’n vrou wat diep seergemaak is deur die lewe in haar hart en siel genees word? Genesing vir elke vrou lei die leser deur dit wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus. God kan al jou pyn wegneem!

    Oor die Skrywer

    Joyce Meyer is ’n New York Times-topverkoperskrywer en een van die wêreld se voorste praktiese Bybelonderwyssers met haar TV- en radioprogram Enjoying Everyday Life wat op meer as 450 televisienetwerke en 400 radiostasies wêreldwyd uitgesaai word. Sy het al meer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Haar topverkopers sluit in Onwrikbare vertroue, Wen die stryd in jou gedagtes en My tyd met God.