Genade In Oorvloed (Sponsgevulde Hardeband)

    Genade In Oorvloed (Sponsgevulde Hardeband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    In 366 oordenkings moedig Angus Buchan jou aan om in God se teenwoordigheid te leef en sy seën te ontvang.

     

    Leef elke dag in God se teenwoordigheid en ontvang die seën wat God in oorvloedige genade vir jou gegee het.

    So sê die evangelis Angus Buchan in die 366 dagstukke in Genade in oorvloed. Elkeen van die kragtige oordenkings, geneem uit Die Bybel met Grassroots-oordenkings, bied ʼn teksvers, oorden­king en kort gebed, en gee riglyne oor hoe om in ʼn hegter verhouding met God te leef. Dit sal jou deur die hele jaar verryk en bemoedig.

    Genade in oorvloed sal vir jou ʼn beter begrip gee van wie God is en hoe jy onder alle omstandighede op Hom kan vertrou.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Harvest of Blessing

     

    Oor die outeur

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te ver­kondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-bood­skappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.