Ek wil soos Jesus wees (Sagteband)

    Ek wil soos Jesus wees (Sagteband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Vier oulike stories wat kinders sal help om goddelike gewoontes en ’n positiewe gesindheid te ontwikkel.

     

    Die gewoontes en gesindhede wat kinders in die eerste klompie jare van hulle lewe ontwikkel, kan die res van hulle lewe beïnvloed. Dit is daarom belangrik dat ouers seker maak hulle kinders leer van die begin af die regte gewoontes aan. Hierdie pragtige 4-in-1 boek deur Carolyn Larsen is die ideale hulpmiddel vir ouers wat graag vir hulle kinders die regte waardes wil leer.

    Die Ek wil soos Jesus wees-omnibus sal jong kinders help om hulle gevoelens te verstaan, Christelike gewoontes te ontwikkel en positiewe gesindhede en gewoontes aan te leer wat die res van hulle lewe sal hou. Hierdie omnibus sluit in:

    ·         Praat altyd die waarheid

    ·         Tel tot tien voordat jy kwaad word

    ·         Wees vriendelik met almal

    ·         Moenie kroek nie

    Help jou kind om goddelike gewoontes en ’n positiewe gesindheid te ontwikkel.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel I Want to be Like Jesus

     

    Oor die outeur

    Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferen­sies in Amerika, Kanada en Indië opge­tree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwas­se kinders en is ook trotse grootouers.