Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Mans (Luukse Leer)

    Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Mans (Luukse Leer)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R211.99

    366 temas ondersteun deur teksverse en ’n  unieke kerngedagte om gelowige mans te bemoedig.

     Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot ’n geesdriftige lewe vir God.

    Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en ’n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook ’n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

    Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Pocket Bible Devotional for Men

     Oor die outeur

    Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buiten­gewone profes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.