Die ABC Van Geloof (Hardeband)

    Die ABC Van Geloof (Hardeband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    Out of Stock

    Alles oor die beginsels van die Christelike geloof vir kinders.

     

    Stel kinders tussen 8 en 12 jaar voor aan die basiese boublokke van geloof en gee vir hulle die eerste trapklippe na ’n wonderlike verhouding met God.

    Dit is nie altyd maklik om geloof aan ’n kind te verduidelik nie, veral nie die moeiliker en komplekser aspekte van geloof soos verlossing, die opstanding en ewige lewe nie. In Die ABC van geloof verduidelik Carolyn Larsen wat die basiese boublokke van geloof is en hoe dit werk. Elke verduideliking word gekomplementeer met ’n klompie teksverse oor die onderwerp, ’n Bybelstorie ter illustrasie en ’n Bybelverwysing na waar daar verder oor die onderwerp gelees kan word. Sommige van die onderwerpe wat in die boek bespreek word, sluit in die Bybel, Jesus se aardse bediening, die Drie-eenheid, sonde, vergifnis, genade, belydenis, gebed, doop en die hemel.

    Die ABC van geloof is ideaal vir ouers en jeugwerkers wat vir kinders ’n sterk geloofsfondament wil gee.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Faith ABCs

     

    Oor die outeur

    Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferen­sies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwasse kinders en is ook trotse grootouers.