Toe Ons Jonk Was (Sagteband)

    Toe Ons Jonk Was (Sagteband)

    Karen Kingsbury
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R200.00

    Wat as jy in die toekoms kan sien en weet wat môre gaan gebeur? Van die gewilde skrywer Karen Kingsbury kom hierdie klassieke storie oor tweede kanse – met die geliefde Baxterfamilie en ’n jong pa wie se lewe op sy kop gekeer word op die vooraand van sy egskeiding.

    Noah en Emily Carter was bestem om saam te wees – van hul eerste ontmoeting, hul opwindende verlowing en pragtige troue, tot by hul gelukkig-vir-ewig-en-altyd-lewe. Hul liefdesverhaal is spesiaal en hulle wil dit met die hele wêreld deel. Meer as ’n miljoen aanhangers volg hul lewe op Instagram, Facebook en Twitter sedert die dag dat Noah ten aanskoue van ’n skare mense en die nuuskameras vir Emily gevra het om te trou. Maar agter die perfek gestileerde foto’s en bemoedigende boodskappies op sosiale media, is hul lewe allesbehalwe ’n sprokie, en dis Noah se obsessie met sosiale media wat alles geruïneer het. ’n Hartgebroke Emily reik uit na haar vriendin Kari Baxter Taylor en vertel haar die waarheid: sy en Noah het besluit om uitmekaar te gaan. Hy trek die volgende oggend uit. Maar wanneer Noah die volgende oggend wakker word, is alles anders. Emily is weg en die kinders is jare ouer. Soos Scrooge in A Christmas Carol , gebeur daar vreemde dinge en sy lewe neem ’n bisarre wending deur die aand. Later is Noah oortuig daarvan dat hy twintig jaar ouer is. En hy is desperaat vir ’n tweede kans.

    Oor die Skrywer

    Karen Kingsbury is ’n USA Today- en New York Times -topverkoperskrywer en Amerika se gewildste inspirerende romanskrywer. Daar het al meer as 50 romans uit haar pen verskyn en sy spog met verkope van meer as 20 miljoen boeke. Karen en haar man, Don, bly in Nashville, Tennessee.